10 dae gelede
Wynlanders kan haters Saterdag nog dronk speel
Anthony Adonis van Franschhoek sal dopgehou moet word.  ~ Jonathan Lestrade

DIE Franschhoek-rugbyklub moet die naweek wys sy sukses in die Westelike Provinsie (WP) se Superliga B is geen vloekskoot nie.

Die manne van die wyn­vallei travel môre na die Charles Morkel-stadion in Somerset-Wes om teen die Super B log leaders, Helderberg, te speel.

Franschhoek is tweede op die log en het twee wedstryde in die groepfase oor.

Hy kan met ’n sege oor Helderberg vir ’n tweede keer vanjaar die eerste plek inneem.

Maklik gaan dit nie wees nie. Helderberg het nog net twee keer vanjaar verloor geproe en word nie sommer voor sy tuisskare omgedop nie.

Tog het Franschhoek vanjaar in klub­rugbykringe naam gemaak as ’n span wat weet hoe om weg van die huis af te wen.

Nietemin word in sekere kringe getwyfel oor sy credentials as favourite vir die Superliga B-titel.

Die naweek bied die manne van die wynland dus die perfekte geleentheid om die opposisie en haters weer dronk te gaan speel.

Gegrawe

Superliga A se groot trekpleister is Saterdag se clash tussen Durbell en Tygerberg.

Intussen het die Westelike Provinsie se Promosieliga vir plek in Superliga C vir ’n hele paar opskuddings gesorg.

Masiphumelele het die naweek van verrassings gelei deur een van die gunstelinge vir promosie, Van der Stel-Evergreens, met 40-20 te wys waar Dawid die wortels gegrawe het.

Raithby Universals se veldtog is ook nie meer onoorwonne nie. Blue Stars het Universals met 33-24 geklop.

Retreat en Polisie het met 32 elk gedraw.

Morning Star het Silvertree met 15-14 gewen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters