8 dae gelede
WP-yster verloor stryd
KOBUS KIRSTEN Foto: FACEBOOK  ~ 

EEN van die Westelike Provinsie (WP) se sterkste stutte nog, Kobus Kirsten (63), het die afgelope naweek sy stryd teen kanker verloor.

Hy was in sy speeldae ’n gevreesde skrumdrukker en word allerweë beskou as een van die ongelukkigste voorrymanne met dié dat hy nie vir die Bokke gespeel het nie.

Op Facebook sê Kulu Ferreira: “Rus in vrede, Kobus. Ek sal ons o. 20-dae by WP nooit vergeet nie.”

Trurat

Theo Johan Botha skryf: “Wat ’n voorry was hy nie! Gaan vra ál die manne wat teen hom gesak en saam met hom gespeel het.”

Ook Aubrey Noble het hulde gebring: “Ek het saam met Kobus vir die WP-Liga gespeel. Niemand kon hom in trurat kry nie.”

Kevin de Goede sê: “RIP, WP-yster. Jan Lock is nou al weer nervous daar waar julle nou is.”

Kirsten se broer is die oud-OP-haker Jaco Kirsten.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters