3 maande gelede
WP se atlete is slaggereed
antonio
Antonio Alkana  ~ Gallo Images

DIE Olimpiese spiesgooier Rocco van Rooyen van die Bellville-atletiekklub voel geëerd om ’n formidabele Weste­like Provinsie-atletiekspan na die SA Kampioenskapsbyeenkoms te lei.

Dié byeenkoms vind die naweek in die Tuks-stadion in Pretoria plaas.

“Dis ’n groot eer om as kaptein van die span gekies te word. Ek gaan my bes doen om deur my voorbeeld te lei,” het ’n trotse Van Rooyen gister aan Son gesê.

“Ek glo as jy hard gewerk het, sal jou uitslae ’n weerspieëling daarvan wees. Ek kan jou verseker dat elke spanlid die werk ingesit het en verdien om aan die nasionale ASA-kampioenskapsbyeenkoms deel te neem.”

Hy meen die WPA-atlete het op nasionale byeenkomste nog altyd álles gegee.

“Ek is vol vertroue dat elke spanlid hart en siel op die baan gaan uitstort. Ek glo dis net die begin van groot dinge in die ontwikkeling van die WPA-span.

“Ek voorspel dat die span vorentoe beslis ’n krag gaan word,” sê Van Rooyen.

Verwag

Sy Bellville-spanmaat Antonio Alkana sal sy SA titel in die 110 m-hekkies suksesvol wil verdedig.

In die middelafstande word groot dinge verwag van atlete soos Anthony Timoteus en Bruce-Lynn Damons in die 1 500 m en 5 000 m.

Nadeel Wildschutt en André Afrika gaan ook hul staal in die 5 000 m wil wys.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters