Verlede maand
WP-klubs stem ja vir "War Room"
hennie le roux
Hennie le Roux  ~ 

IN wat gesien kan word as ’n poging om oorname deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie af te weer, is daar Donderdag ten gunste van ’n “War Room” gestem in ’n Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie (WPRVU) raadsvergadering. 

Altesaam 40 klubs het ten gunste van die WPRVU se dringende strategiese intervensie gestem, met net 14 klubs wat teen dié plan is en vier klubs wat nie gestem het. 

Luidens die dringende strategies intervensie (dié dokument is in Son se besit) gaan daar ’n ‘War Room’ opgestel word, wat uit sowat 14 lede gaan bestaan. 

Onder van die lede is die oud-Springboklosskakel en Wêreldbekerwenner Hennie le Roux wie se rol (fokus) sal wees om as raadgewer op te tree danksy sy invloed in die professionele rugbysektor. 

Dié War Room-span sal vir die volgende twee maande in werking wees luidens die dokument. 

‘n Uitreksel uit die dringende strategiese intervensie lui: “Ons het danksy die dringende efforts van ‘n paar individue (wat gedetermineerd is om WPR te help deur moeilike tye navigeer, floreer en groot sukses behaal) ’n enviable en leidende span van sakelui spesialiste saamgeroep om bystand te lewer en ook waar nodig rigting en die bestuur van prossese te behartig. 

“Die span het ingestem om nie enige formele, veeleisende (onerous), professionele fooi te aanvaar nie – ten minste nie vir die vroeë fase van die intervensie en hul betrokkenheid nie. 

“Die toewyding van die span is absoluut en sluit in ‘n fisieke teenwoordigheid en leierskap kapasiteit by Nuweland vir die volgende twee maande. 

“Dit is belangrik om aan te dui dat hulle in hul eie persoonlike, professionele kapasiteit sal optree en geen verband hou met hul organisasies of professionele assosiasies nie. Hulle is hier om te doen wat dit verg om ons te help.” 

Die WPRVU se span van spesialiste vir die War Room is: Gary Craul, Guy Harris, Lawrence Helmann, Hennie le Roux, Justin Mancer, Johan van der Colff, 

WPRVU-verteenwoordigers, WPRR-direkteure (Sabelo Mzanywa en Philip Burns),  WPRFU-raadslede (Basier Dramat, Andre Kermis, Rashied Combrink, Stephen Sharwood, Simphiwe Diebusuku en Dianna Pfaff)  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters