7 maande gelede
WP bly hoopvol oor klubrugby
Zelt Marais  ~ Gallo Images

DIE Westelike Provinsie Rugbyunie gaan nie sommer nou al sy seisoen kanselleer nie.

Volgens Zelt Marais, president van die WP, is hulle hoopvol dat die klubs vanjaar nog rugby kan speel.

Marais het laat blyk dat die besluit om rugby in die WP te staak van baie faktore afhang.

Hy het gister aan Son gesê hulle sal eers ál die opsies oorweeg voordat hulle tot so ’n drastiese stap oorgaan.

Hulle sal selfs kyk na die moontlikheid om ’n sewes-kompetisie onder die klubs te hou.

Hy verduidelik: “Nee, ons gaan nie nou sommer alle rugby kanselleer nie. Al moet dit dalk in ’n ander formaat wees, soos byvoorbeeld sewesrugby, sal ons alles in ons vermoë doen dat daar vanjaar steeds rugby gespeel word.”

Deel

Hulle sal ook moet kyk na die sportgronde wat beskikbaar is, want ander sportsoorte kan dalk teen daardie tyd op dieselde velde beoefen word.

“Ek dink 50 tot 60 persent van die klubs is onderhewig aan ’n situasie waar hulle ’n veld met ’n ander sportsoort deel.

“Ons is uitgelwer aan die genade van die gesondheidsituasie. Ons sal uiteraard eers moet wag vir vlak 1 om in te skop. Dit hang ook af van hoe gou die situasie hier by ons dié jaar gaan verbeter.

“Die regering moet ook happy en okay wees daarmee.

Marais sê hy hoop dit sal teen Augustus of September wees. “Of as ons gelukkig is, sal dit einde Julie nog gebeur.”

Hy sê hy hoop op vlak 3 van Junie af en vlak 2 van Julie af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters