2 maande gelede
Woodward braak gal oor Rose se vertoning
Clive Woodward  ~ Getty Images

CLIVE Woodward, voormalige afrigter van die Rose, het Engeland se Sesnasies-nederlaag met 6-11 Saterdag teen Skotland as die “swakste vertoning” van ’n Engelse span tot nog toe beskryf.

Dit was die Rose se eerste nederlaag op Twickenham teen die Skotte sedert 1983.

Die uitslag beteken dat Skotland vir die derde keer in vier jaar die Calcutta Cup wen. Ná die eerste naweek van aksie in die Sesnasies-reeks is Engeland in die vyfde plek op die puntelys.

Slegste

Dit was egter die manier waarop die span van Eddie Jones (afrigter) teen Skotland verloor het wat Woodward (die coach van die Engelse span wat die World Cup in 1993 gewen het), omgekrap het.

Hy skryf in sy rubriek in Daily Mail: “Nadat ek elke wedstryd van Engeland sedert die middel van die 1970’s gekyk het, was hul vertoning van dié naweek die slegste wat ek nog ooit gesien het.”

Die 65-jarige sê ondanks die punteverskil van net 5 punte, voel die uitslag soos ’n nederlaag van 30 punte. Hy meen daar was geen rede vir Engeland om nie op sy beste te wees nie.

“Skotland was wonderlik.

“Behalwe vir Engeland se verdediging, wat ten minste vir hulle ’n bonuspunt verdien het, was Engeland onbeskryflik sleg.

Weggeskop

“Hulle kon nie net by die spoed van die game aanpas nie, maar het boonop geen idee op die aanval gehad nie.

“Hulle het nie net die min balbesit van gehalte weggeskop nie, maar was uiters swak gedissiplineerd en het 9 strafskoppe in die eerste 23 minute afgestaan.

“Dit kan deels toegeskryf word aan die groot druk wat Skotland toegepas het, maar goeie spanne met die ervaring van Engeland vind gewoonlik ’n teenvoeter daarvoor. Engeland is ’n span wat vasgevang is in ’n konserwatiewe wedstrydplan wat die spelers se talent onderdruk.

“Dit het verseker dat hulle onderpresteer.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters