29 dae gelede
Wimbledon-spelers kry geld
AELTC kom red: Wimbledon betaal spelers uit.Foto: gallo images  ~ 

DIE All England Lawn Tennis Club (AELTC) het besluit om hand by te sit in dié moeilike tyd.

Hy gaan £10 miljoen (sowat R211,7 miljoen) prysgeld uitbetaal aan die 620 spelers wat in 2020 aan die Wimbledon-toernooi sou deelgeneem het.

Wimbledon is die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog gekanselleer omdat tennis weens die corona-virus-pandemie gedwing is om op hiatus te gaan.

Kansellasie

Die AELTC het egter ’n mate van verligting gebring deur £10 miljoen aan meer as 600 spelers te versprei op grond van die wêreldranglys. Dít nadat versekeringspolisse uitbetaal het in die geval van ’n pandemie.

“Onmiddellik ná die kansellasie van die toernooi het ons ons aandag daarop gefokus om diegene by te staan wat help om Wimbledon te laat gebeur,” het Richard Lewis, uitvoerende hoof van AELTC, gesê.

“Ons weet dat hierdie maande van onsekerheid baie kommerwekkend was vir hierdie groepe, insluitend die spelers.

“Baie het finansiële probleme in hierdie tydperk ondervind. Hulle sou verwag het om prysgeld by Wimbledon te verdien op grond van hul posisie op die wêreldranglys.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters