5 maande gelede
Willemse sak nou in die enjinkamer vir Frankryk
KRAGMAN: Paul Willemse van Pretoria gaan voortaan vir Frankryk toetsrugby speel.Foto: gallo ImageS  ~ 

PAUL Willemse is een van vyf nuwe spelers in Frankryk se groep vir vanjaar se Ses­nasiesreeks. Jacques Brunel (afrigter) het besluit om Willemse, wat in Suid-Afrika gebore is, by sy groep in te sluit vir die eerste twee games­ van dié reeks.

Die 26-jarige voormalige slot van die Bulls kwalifiseer om vir die Hane te speel omdat hy meer as drie jaar vir die Franse Top14-klubs Montpellier en Grenoble gespeel het.

Die boorling van Pretoria het in November Franse burgerskap gekry.

Verteenwoordig

Brunel het die fisieke eienskappe van die hemel­besem van 2,01 m uitgesonder as die rede vir sy insluiting in die span.

Willemse kan saam met Bernard le Roux – nog ’n speler wat in Suid-Afrika gebore is – in die enjinkamer vir die Hane sak.

Le Roux het Frankryk reeds 33 keer in toetse verteenwoordig.

Hy is ook ingesluit in die groep van 31 spelers. Alive­reti Raka van Fidji kwalifiseer ook vir die Franse span.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters