Verlede maand
Wilder én Fury hang voetjies
ALLES VERBY: Deontay Wilder op pad na sy hoek nadat hy uitgetel is.  ~ _GETTY IMAGES

DIE Nevada-sportkommissie het die Amerikaanse swaargewigbokser Deontay Wilder vir ses maande geskors sodat hy kan herstel.

Dié stap kom nadat Tyson Fury hom die afgelope naweek in Las Vegas in die 11de ronde van hul WBC-titelgeveg uitgeslaan het.

Wilder mag dus eers in April 2022 weer boks.

Wilder is ná die geveg hospitaal toe geneem en ondersoek. Daar is bevind hy het ook ’n gebreekte vinger.

Fury is self vir 45 dae geskors nadat hy in die vierde ronde twee keer platgeslaan is.

Wilder se afrigter, Malik Scott, sê daar is geen sprake dat sy bokser gaan uittree nie, al was dit Wilder se tweede uitklopnederlaag agtereenvolgens nadat hy sy vorige 43 gevegte gewen het.

“Wilder is ’n big-time bokser en hoort op die hoogste vlak en in hoofgevegte. Hy was Saterdagaand great, maar Fury was nóg greater.

“Jy moet Fury lof gee vir sy sterk kakebeen en dat hy twee keer platgeslaan is en opgestaan het, sê Scott.

“Die kragmeting was een van die heel bestes nóg in die swaargewigafdeling.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters