2 maande gelede
Wie kan Rassie se troon vul?

AS die All Blacks die naweek weer die Springbokke se krag laat trip, se Rassie Erasmus is hy gereed om die afrigterstoel te ontruim.

Erasmus het Maandag omtrent die tonge laat klap oor sy uitlatings by Rugby Championship nuuskonferensie in Wellington in Nieu-Seeland.

Nou word daar geskinner dat Erasmus al vir die Bokke se tweede ontmoeting met die Wallabies in die Nelson Mandelabaai gaan terugstaan en iemand anders die Bokpyp laat rook.

Maar watter afrigters is bereid om nou dié vuurwarme ysterstoel vol te sit?

Hier is so paar possible candidates.

ROBBIE DEANS
Die voormalige Wallabies en Crusaders-afrigter sit nou al vir jare sonder ‘n internasionale job. Deans is tans die breier van die Wild Knights in Japannese klubrugby.
Hy het al so paar keer die British Barbarians en World XV afgerig.
Dit gaan groot geld kos om hom te oortuig om by Rassies oor te neem.

DAVE RENNIE
Die tweemalige Superrugbywenner as breier van die Chiefs het die jaar uitgemis op die Walliese pos.
Rennie is tans in sy tweede seisoen as afrigter van die Skotse Pro14-span Glasgow Warriors.
Die Kiwi was al voorheen met die Bok job gelink. Dít gaan egter ook ‘n moerse klomp geld kos om hom aan te stel.

 SWYS DE BRUIN

Die Lions se hoofafrigter, word reeds as agterlyn-konsultant deur Erasmus ingespan.
De Bruin spog met jare se ervaring as afrigter op plaaslike bodem en het die Lions vanjaar weer tot Superrugby se final afgerig.
Op sy CV pronk poste as breier by Griekwas, die Sharks en ook Suid-Afrika se juniorspanne.

DEON DAVIDS
Die Southern Kings-breier het al voorheen gewys wat hy met beperkte resources in Superrugby en Pro14 kan doen.
Dis dalk die kans om hom ‘n nasionale pos te gee, maar dit kan groot ontwrigitng in die Baai veroorsaak.
Davids was ook vroeër die jaar met die Bokpos gelink.  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters