3 dae gelede
West Ham droom oor Champions League
David Moyes  ~ Getty Images

CHAMPIONS League-sokker sal ’n “droom” wees vir West Ham United.

Só sê David Moyes, West Ham se manager, ná sy span se wegsege van 3-2 Maandag in die Molineux-stadion oor die Wolves.

Dit het die Hammers, soos West Ham bekend staan, tot die vierde en laaste Cham­pions League-posisie bevorder – een punt bo Chelsea (51) en twee voor Tottenham en Liverpool, wat onderskeidelik in die sesde en sewende posisies is.

Die 57-jarige Moyes het ook probeer om nie sy spelers onder onnodige druk te plaas nie.

“Maar nét so sal ’n plek in die Europa League ook wees.

Geëindig

“Ek sal graag aan die fans wil sê om hul inentings en hul paspoorte reg te kry, want ons gaan volgende week almal met vakansie, maar ons kan dit nie nou al doen nie.

“Ek droom daarvan. Ek wil dit hê. Wat ek wel sal sê, is dat ek vir 11 jaar by Everton was en net een keer in daardie 11 jaar onder die topvier-spanne geëindig het.

“Ek is 18 maande by West Ham en ons maak reeds aanspraak op ’n posisie onder die topvier-spanne.

“Hoekom kan ons nie oor Europa gesels nie?

“West Ham het ’n ongelooflike tradisie.

“En as jy kyk na die kaliber van spelers wat die klub deur die jare gehad het, sal jy besef dat die klub ’n ryk geskiedenis het,” het die voormalige manager van Manchester United gesê.

Moyes het verder erken dat hy ’n punt het om te bewys.

“Natuurlik wil ek mense verkeerd bewys.

“Ek het weggegaan en weer teruggekom.

“Ek het intussen alles moontlik gedoen om myself op datum te bring met die moderne game,” het Moyes ten slotte gesê. – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters