8 dae gelede
Week hou 3 eerstes in vir Stormers
JOHN DOBSONFoto: GALLO IMAGES  ~ 

DIÉ week begin ’n post-Nuweland-en-Siya-Kolisi-era vir die Stormers.

Die span durf die Cheetahs Saterdag in die Kaapstad-stadion aan in ’n reeks wat waarskynlik vandeesweek ’n naam sal kry.

Die reeks vind plaas tussen die vier franchises (Stormers, Lions, Bulls en Sharks) en die Cheetahs, Pumas, Griekwas en die Oostelike Provinsie. Die spanne speel vier wedstryde elk – twee tuis en twee weg. Die reeks begin Vrydag en duur tot 28 Maart.

Uitslae

Kolisi het hom, soos verwag, verlede week by die Sharks aangesluit.

Die Springbok-stut Steven Kitshoff sal na verwagting nou die Stormers lei. Salmaan Moerat is ook ’n kandidaat om die span aan te voer, sou Kitshoff om die een of ander rede nie die kaptein wil wees nie.

Die Kaapstad-stadion sal hopelik vir die Kaapse franchise beter uitslae inhou as Nuweland in die afgelope seisoen.

Dit is ’n moderne stadion wat vir die 2010-Wêreld­beker-sokker gebou is.

Die Stormers het die laaste paar dae in die Suid-Kaap vir die reeks voorberei. Weens Covid-19-regulasies word toeskouers steeds nie toegelaat nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters