13 dae gelede
Waak teen counters
Clayton Daniels  ~ Backpagepix

CLAYTON “Hare” Daniels, SuperSport Unit­ed se ervare defender, reken daar is te veel op die spel om enige span in die Premierliga ligtelik op te neem.

Dis waarom die invloedryke SuperSport die PSL-nuweling, Stellenbosch, die nodige respek sal gee.

Die spanne, wat mekaar vandag in die Cape Town Stadium pak, is albei desperaat om op die wenpad te kom.

Stellies is segeloos in hulle vorige twee wedstryde in alle kompetisies, en net so is SuperSport in sy vorige twee stryde in alle kompetisies.

Volgens die 35-jarige Daniels­ kan Stellenbosch hom voorberei vir ’n battle waarin geen genade getoon of gevra sal word nie.

“Ons respekteer hulle, maar gaan niks terughou nie,” verduidelik Daniels.

“Ons soek niks minder as drie punte in die Kaap nie.

“Ons wil graag weer na winning ways terugkeer en ons selfvertroue terugkry,” het die boorling van Mitchells Plain bygevoeg.

Daniels, wat sukses met klubs soos Ajax Cape Town, Mamelodi Sundowns en sy SuperSport-span behaal het, waarsku teen die bedreiging wat Stellies inhou.

“Hulle het dalk nie individuele sterre nie, maar kollektief is hulle baie gedug,” verduidelik Daniels verder.

“Hulle verdedig in ’n blok en lê diep. Dit is hoe hulle jou knou met counter attacks. Ons sal moet waak daarteen.

“Kyk, ons het ook quality spelers soos Bradley Grobler, wat hulle ook onder druk kan plaas en die nette kan laat raas.

“Dit sal interessant wees om te sien wie die hongerste is.”

Daniels, wat in die laaste ses maande van sy kontrak is, sê hy het reeds gesprekke met sy bestuur gehad oor ’n nuwe deal.

Naweek se PSL-fixtures

VANDAG

Stellenbosch t SuperSport United (20:00)

MôRE

Mamelodi Sundowns t Chippa United (15:30)

Baroka t Wits (15:30)

Highlands Park t Bloemfontein Celtic (15:30)

Kaizer Chiefs t Maritzburg United (18:00)

AmaZulu t Golden Arrows (20:15)

SONDAG

Polokwane City t Cape Town City (15:30)

Black Leopards t Orlando Pirates (15:30)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters