4 maande gelede
Vuurwerk in FA Cup
Pierre-Emerick Aubameyang  ~ Gallo Images

DIE Gunners kan vandag op Wembley ’n bietjie eer in dié seisoen herwin wanneer hulle Chelsea in die FA Cup-eindstryd aanvat.

Luidens die statistieke behoort die FA Cup aan die Gunners: Met 21 eindstryde en 13 titels kom geen ander span naby die Londense span nie.

Dié was egter Arsenal se swakste Engelse Premierliga-seisoen nog nadat hulle agtste geëindig het.

Dinge het nie uitgewerk vir Unai Emery as manager nie, so, die voormalige Arsenal-speler Mikel Arteta het in die tweede helfte van die seisoen oorgeneem en dinge weer op koers gebring.

Ten spyte van hul swak seisoen het die Gunners tog een van die gevaarlikste doelskieters, Pierre-Emerick Aubameyang.

Die 22 doele waarmee hy die EPL-seisoen afgesluit het, is een minder as dié van Jamie Vardy van Leicester City.

As die Gunners die FA Cup weer gelig kan kry, beteken dit hulle kan dalk nog kwalifiseer vir vol­gende seisoen se Europa League.

Die voormalige Gunners-kaptein Arteta gaan wel ’n voormalige teenstander in Frank Lampard aanvat as manager.

Lampard, wat as ’n legende by Chelsea beskou word, het die span ook tot ’n Champions League-plek gebrei in sy eerste seisoen by die klub.

Witwarm

Chelsea se voormalige Arsenal-doelskieter Olivier Giroud het ná die lockdown vyf doele in agt wedstryde aangeteken.

So, met twee witwarm doelskieters en managers wat albei hul eerste titel jag, kan vonke verwag word.

Benewens dit is albei spanne van Londen, so, bragging rights is ook op die spel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters