7 dae gelede
Vroueboks in PE
champ: Unathi Myekeni gaan haar WBF-titel in die Baai verdedig.Foto: gallo images  ~ 

’N WÊRELDTITEL-BOKSGEVEG vir vroue word eersdaags in die New Brighton-eeufeessaal in die Baai aangebied.

Zantsi Showtime Productions in vennootskap met die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit bied die toernooi volgende Saterdag aan.

Dis datum is nie toeval nie: Maart is Vrouemaand wêreldwyd.

Die promotor is Mbali Zantsi, wat Suid-Afrika se eerste vroulike boks­promotor is.

Zantsi sê hulle wil die gloriejare van beroepsboks in die Baai laat herleef.

Sy sê: “Ons wy die dag aan vroue om hulle sosiale, ekonomiese en politieke prestasies en bydraes te vier en om geslagsgelykheid te bevorder.”

Zantsi sê jong sportvroue oor die wêreld heen word minder geleenthede, beleggings, opleiding en beskerming gebied.

Voorgevegte

“Selfs wanneer hulle sport professioneel beoefen, word hulle geringer geag (as mans) en hulle verdien ook minder geld.”

Die voorgevegte sal tussen mansboksers wees.

Die meeste van die deelnemers is beginners van Nelson Mandelabaai.

Zantsi sê omdat toegang gratis is, hoop sy dat die toernooi goed bygewoon sal word.

Die hoofgeveg van die dag is dié tussen Unathi Mye­keni (Mdantsane buite Oos-Londen). Myekeni sal haar WBF-titel teen Nozipho Bell (Nelson Mandelabaai) verdedig.

Die hoofvoorgeveg is tussen Melissa Miller (Eldo­rado Park, Gauteng) en Thema­ Zuma (Durban).

In ’n ander geveg kom Raizel Mohamed (Nelson Mandelabaai) te staan teen Nomazithini Ntyambo (Oos-Londen).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters