4 dae gelede
Vroue slaggereed
UITBLINKER: Casey McLeavy (regs) is een van die sterre in die Madibaz se span.FOTO verskaf  ~ 

DIE Madibaz se vrouewaterpolospan wil die naweek in die Universiteitsport Suid-Afrika-toernooi ’n reeks mededingende uitslae in medaljes omskep.

Die geleentheid vind van Saterdag tot Maandag by die Joan Harrison-kompleks in Oos-Londen plaas.

Melinda Goosen, sport­bestuurder van die Madibaz se watersport en netbal, sê daar is baie selfvertroue en toewyding in die span en die deelnemers is vasbeslote om ’n punt in die nasionale toernooi te bewys.

“In onlangse jare het ons vrouespan konsekwent die halfeindronde gehaal, maar ons het gewoonlik algeheel vierde geëindig,” sê sy.

“Hierdie jaar is ons doel om met medaljes terug te kom.

“Daar is ’n paar nuwe gesigte in die groep, met die helfte van die span wat hulle eerste Ussa-toernooi sal ervaar. Daar is egter ’n baie goeie werksetiek onder die spelers.”

Sy sê die groep oefen gereeld twee keer per dag voor 06:00 en ’n tweede sessie wat dikwels ná 18:00 eindig.

“Ons is gereed,” sê sy. – Fullstopcomuncations

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters