11 dae gelede
Vrese van Covid-gevalle onder Old Trafford-lede
ole gunnar SolskjærFoto: getty images  ~ 

HOEWEL Manchester United se wedstryd teen Newcastle United in die Engelse Premierliga voortgegaan het, moes lede van sy bestuurspan hulle afsonder weens Covid-19-vrese.

Die name van lede van Ole Gunnar Solskjær (manager) se bestuurspan wat hulle moes isoleer, is weens mediese redes weerhou.

Nicky Butt, Solskjær se oud-United-spanmaat en die klub se hoof van sokkerontwikkeling, het hom gister bygestaan.

Mark Dempsey, ook ’n voormalige Red Devil, was ook saam met Solskjær langs die kantlyn.

Dempsey het in 2018 na Old Trafford teruggekeer as lid van Solskjær se bestuurspan. Hy het voorheen saam met die Noorweër by Molde gewerk. Hy werk deesdae hoofsaaklik met akademiespelers.

Daar is na bewering geen vrese dat enige spelers positief getoets is vir Covid-19 nie. – Sky Sports

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters