10 dae gelede
Vollende Citizen
Fagrie Lakay  ~ Gallo Images

FAGRIE Lakay is nou ’n vollende Citizen.

Die voormalige Wits-speler wat aan Cape Town City geleen is, het gister ’n kontrak vir drie jaar by die Kaapse klub onderteken.

Lakay (23) het verlede seisoen as leenspeler in 10 van City se 11 wedstryde gespeel.

Hy het ’n groot deurbraak beleef toe hy ’n driekuns aan doele behaal het in ’n sege met 4-1 oor Golden Arrows.

Daai vertoning het duidelik vir die City-afrigter, Jan Olde Riekerink, en die klub se eienaars gewys dat die Kapenaar besig is om in sy rol as doelevraat te groei. Dis goeie nuus, veral nadat die span se voorste doelskieter, Kermit Erasmus, die Kaap verlaat het om hom by Mamelodi Sundowns aan te sluit.

Lakay word beskryf as iemand wat nog diep spore in sokker kan trap. Die voormalige Bafana Bafana-afrigter Shakes­ Ma­shaba het hom reeds as 17-jarige ’n internasionale debuut gegee.

Lakay is steeds die jongste speler wat Suid-Afrika in internasionale sokker verteenwoordig het.

City se seisoen begin dié naweek wanneer hy Saterdag in die Orlando-stadion in Soweto sake in ’n MTN8-kwarteindstryd teen Orlando Pirates uitspook.

Wys

Vir Lakay sal dit ’n kans wees om sy klas en dankbaarheid te wys vir die geloof wat die Citizens se bestuur in hom het.

Dit sal ook aan die res van die aspirant-doelvrate in die groep wys dat hy nou nommer een is.

Saterdag se wedstryd tussen City en Pirates skop 18:00 op SuperSport se PSL-kanaal (202) af.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters