13 dae gelede
Vir die CT Blitz
Landgenote: Liam Livingstone en Moeen Ali is by die Cape Town Blitz.  ~ Gallo Images

WYS jou net wat Wêreldbeker-sukses aan ’n land se psige kan doen – vra maar net die Engelsman Liam Livingstone.

Die 26-jarige Livingstone sê krieket is vandag ’n minder boring sport as wat dit was voordat Engeland die Wêreldbeker gewen het.

“Engeland se Wêreld­beker-sukses wys elke speler hoe moeilik dit is om die nasionale span te haal. Maar terselfdertyd motiveer dit ons om harder te werk,” het hy gesê.

Livingstone, wat tot dusver net twee T20-stryde vir Engeland gespeel het, is ’n lid van die Cape Town Blitz.

Die Blitz speel môre op die Wanderers sy eerste wedstryd in die tweede weergawe van die Mzansi Superliga teen die kam­pioen, die Jozi Stars.

Voor sy aankoms in Kaapstad het hy vir die Karachi Kings in die Pakistan Super League, sowel as vir die Rajasthan Royals in die Indiese Premierliga gespeel.

Behalwe dat hy die Blitz wil help om die T20-reeks te wen, wil hy ook ’n indruk op die Engeland-keurders maak. Dit is met die oog op volgende jaar se T20-Wêreldbekertoernooi.

Kaptein

“Dit is waarom blootstelling aan verskillende toestande reg oor die wêreld great is. Hopelik, as ek ná ses weke terugkeer huis toe, sal ek ’n baie beter speler wees,” het hy bygevoeg.

Hy is egter ook geen vreemdeling vir die Blitz-breier, Ashwell Prince, nie.

Livingstone is kaptein van Lancashire se krieketspan, waar Prince in die graafskap se sukses gedeel het.

Die twee was spanmaats in 2015 toe Lancashire die NatWest T20 Blast gewen het.

“Ons deel ’n paar wonderlike herinneringe in daai sukses. Om Ashwell weer te sien, bring die herinneringe natuurlik terug.

“Hopelik kan ons vanjaar weer dieselfde doen en die MSL-titel wen.

Deurgekom

“Ek dink Ashwell was in sy laaste jaar in Lancashire toe dit eers my eerste seisoen was nadat ek as jong speler deurgekom het,” het hy afgesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters