5 maande gelede
Violets Sewestoernooi is hier!
GASHEER: Violets se rugbyspan gaan weer sy beste gee.  ~ Foto Verskaf

MET die WP-vyftienman­ligas nog ’n paar weke weg, gaan 16 spanne sake môre uitspook om die Violets Sewestoernooi-titel.

Dié toernooi word vanjaar vir die vyfde keer gehou. Dit vind plaas in die Faurestraat Stadion in die Paarl.

Prysgeld ter waarde van R20 000 is op die spel.

Die wenspan sal met R10 000 wegloop.

En al gee Violets uit, hoop hulle dat hulle ook fondse kan genereer met die aanbied van die toernooi.

“Die geld gaan hoofsaaklik vir ons spelers,” sê Stephan Jaftha, Violets-voorsitter.

“Fisio’s, dokters en uitgawes soos strapping kan gedeeltelik gedek word met die inkomste wat ons kan inkry.

“Ons wil ons deel in die gemeenskap doen en jong mense van die strate af hou.

“Ons hoop om ’n lekker atmosfeer op die dag te hê. Ek glo en vertrou dat die dag opwindende hardlooprugby sal oplewer.”

Pniël, Scottsdene en Young­ Peoples is van die spanne wat dopgehou moet word. Die toegang kos R20 vir volwassenes, R20 per voertuig en kinders onder 13 betaal R10.

Deelnemende spanne:

Albions, Albions 2, Allandale, Scottsdene, Pniël, Vineyards, Young­ Peoples, Standards, Simondium, Lower Paarl, Paarl Rangers, Young Gardens, Violets, Dennegeur, Riverstones en Albions 3.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters