8 dae gelede
Vernons wys krag
Vernon Martin  ~ Lennie Thomas

WOENSDAGAAND se Strugglers Friend-dartsliga in die Grassy Park Hotel het twee groot verrassings opgelewer toe die voorloper, Cameron Carolissen, albei sy wedstryde verloor het.

En albei kere was die liga se Vernons aan die wenkant.

Die nuweling Vernon Martin het eers met 5-3 teen Carolissen gewen voordat Vernon Bouwers met dieselfde telling geseëvier het.

Dit was veral vir Martin ’n groot aand.

Om as groentjie in die liga die gesoute Carolissen te klop getuig van durf en vasbeslotenheid en dit moes Martin se selfvertroue ’n groot hupstoot gegee het vir die res van die liga.

Martin het daarna ook ’n verdienstelike gelykop uitslag van 4-4 teen Leslie Beukes afgedwing.

Charles Losper bevind hom skielik boaan die log nadat hy albei sy wedstryde gewen het.

Hy het Giovanni Mathee met 6-2 geklop en daarna met 5-3 teen Lance Rustin geseëvier.

Carolissen se onverwagte nederlae het hom na die derde plek op die log laat afskuif.

Die uitslae is:

Vernon Bouwers 6-2 Lance Rustin

Leslie Beukes 8-0 Jason Erasmus

Cameron Carolissen 3-5 Vernon Martin

Charles Losper 6-2 Giovanni Mathee

Leslie Beukes 4-4 Vernon Martin

Charles Loper 5-3 Lance Rustin

Giovanni Mathee 8-0 Jason Erasmus

Cameron Carolissen 3-5 Vernon Bouwers

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters