2 maande gelede
#KYK Vernon tree uit krieket en praat oor sy toekomsplanne
Vernon Philander
Vernon Philander  ~ Gallo Images

VERNON Philander het aangekondig dat hy ná die toetsreeks teen Engeland gaan uittree uit internasionale krieket. 

Die 34-jarige Philander het 97 wedstryde vir die Proteas oor die drie formate gespeel en het in sy 12 jaar lange loopbaan 261 paaltjies platgetrek. Die all-rounder het ook 1 784 lopies met die kolf aangeteken.

"Ek voel dit is 'n geskikte tyd om 'n ongelooflike reis af te sluit," het Philander in 'n verklaring gesê.

"Ek wil dankie sê aan my Hemelse Vader dat hy my geseën het met die kans om die afgelope 12 jaar my land te verteenwoordig. Dit was 'n eer en voorreg om saam met die heel bestes in die spel te speel sowel as om vir 'n aantal jare deel te wees van die beste span.

"Dankie aan Krieket-Suid-Afrika, die Cape Cobras, al my afrigters, bestuur, kapteins en spanmaats en die baie spesiale toeskouers van regoor die wêreld vir jul liefde en ondersteuning."

Philander sê sy fokus is nou op die toetsreeks teen Engeland.

Hy het onlangs op die KLOP-couch met Heindrich Wyngaard gekuier en gepraat oor sy toekomsplanne. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters