10 dae gelede
Vat raak, Benni!
Benni McCarthyFoto: GALLO IMAGES  ~ 

MET een oog op die MTN8 final sal Cape Town City se Benni McCarthy beslis ’n goeie juggling act moet uitvoer wat spankeuse betref.

City verwelkom Kaizer Chiefs, die Soweto-reus, Sater­dag in die Kaapstad-stadion vir sy brood en botter­ in ’n Premierliga-wedstryd.

Die Citizens het reeds hulle plek in die final van die MTN8-bekerreeks bespreek. Hulle pak SuperSport United op Saterdag 29 September.

Tog vuur City (7de posisie) nog nie op alle silinders in sy liga-veldtog nie.

McCarthy-hulle het in hulle vorige 4 wedstryde net 1 sege behaal, met 5 punte uit ’n moontlike 12.

Segeloos

Chiefs (13de) is op hulle beurt steeds segeloos ná vyf wedstryde en sal beslis hulle fans in die Kaap met smiles wil huis toe stuur.

McCarthy kan egter verseker wees sy spelers sal opgewek wees vir die stryd teen die Amakhosi.

Al wat die Bafana Bafana- rekord-doelskieter móét doen, is om sy kombinasies nou reg te kry. Dis ’n area waar hy gedurig die oë laat rek.

Die City-breier sal veral troos put uit die feit dat sy ervare middelskakel Sur­prise Ralani weer fiks is.

Dié woelwater-vleuel het City se vorige drie wedstryde – insluitend die MTN-halfeindstryd teen Mamelodi Sundowns – misgeloop.

Terselfdertyd laat dit McCarthy ook met ’n dilemma wat sy kombinasies op vleuel betref.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters