14 dae gelede
Vardy se twee stuit West Brom
Jamie Vardy.  ~ GETTY IMAGES

JAMIE Vardy se twee penalties vir Leicester City binne 10 minute het West Bromwich Albion se terugkeer na die Premierliga op ’n somber noot laat afskop.

Timothy Castagne, Leicester se nuwe aanwins, het ook sukses behaal in sy debuut vir die Foxes.

Brendan Rodgers, bestuurder, se Leicester-span het dus Sondag op The Hawthorns met 3-0 gewen.

Vardy se twee doele skuif hom na ’n derde plek wat hy saam met Arthur Lochhead deel op die lys van Leicester se algehele top-strikers.

Net Arthur Chandler (204) en Ernie Hine (149) het meer doele aange­teken.

Dis ook die perfekte manier vir Vardy, wat laas seisoen se Golden Boot-toekenning gewen het, om die seisoen af te skop.

Boonop is dit Vardy se vyfde doel in ses wedstryde teen West Brom.

Driekuns

Vardy sal hierdie seisoen beslis weer groot kompetisie kry van Liverpool se Mohamed Salah.

Dié sterspeler van Liverpool het sy rekening Saterdag op Anfield geopen met ’n driekuns in hul sege van 4-3 oor Leeds United.

Rodgers sal ook die eerste een wees wat erken dat sy Foxes nie op volle vaart was nie – veral nie in die eerste helfte nie.

Leicester moes egter diep delf in die tweede helfte om die deurbraak te maak.

Voor die uurmerk was dit ook ’n fantastiese header van Castagne wat West Brom se weerstand gebreek het.

Dennis Praet verdien krediet vir sy assist met ’n kliniese aangee van die linkervleuel. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters