5 maande gelede
Van Vuuren net onraad vir die Bulle
POTE HUMANFoto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Blou Bulle wil eenvoudig net nie hulle les leer nie.

Toe Conraad van Vuuren Saterdag op Nuweland in die nr. 3-trui teen die WP op die veld draf, was die fiasko wat in die skrums sou volg, heel voorspelbaar.

Met hom op vaskop het die Bulle vanaf die eerste skrum gekreun.

As die WP se Corné Fourie hom nie uit die skrums laat pop het nie, het Van Vuuren se voete onder hom uitgegly.

Van Vuuren het die Bulle só onder druk geplaas dat die kommentator Rob Kempson reeds in die 32ste minuut gesê het Pote Human behoort Van Vuuren van die veld af te haal.

Onregverdig

Kempson, ’n voormalige Springbok-vaskopstut, het gevoel hy moet eerder iemand anders speelkans gee.

Dit was dus onregverdig van Human, die Bulle se afrigter, om te sê die “voorspelers moet nou na die party kom”.

Daar is niks met die Bulle se voorspelers verkeerd nie. Die fout lê by Van Vuuren.

Dis nie die eerste, tweede of derde keer dat hy die Bulle ’n wedstryd kos nie.

Ja, van Vuuren was ’n laat plaasvervanger vir Wiehahn Herbst, wat onttrek het, maar hy is net nie goed genoeg op dié vlak nie.

Hoe gouer Human-hulle dit besef, hoe beter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters