3 maande gelede
Van Straaten ook nou by Kings
Braam van Straaten  ~ gallo images

BRAAM van Straaten, die voormalige Springbokspeler, het hom by die Southern Kings as verdediging- en skopafrigter aangesluit.

Van Straaten kom met hope ervaring as 'n voormalige speler sowel as verdediging- en skopspesialis.

Hy was voorheen skopafrigter vir Australië en onlangs verdediging- en skopafrigter by die Sharks.

Loyiso Dotwana, voorsitter van die Kings, sê hulle wil nie net met kwaliteitspelers spog nie, maar ook met 'n gehalte afrigtingspersoneel.

"Ons maak seker ons werf van die beste spesialiste in sleutel bestuursposisies. Braam is een van daardie individue wat wêreldwyd gesoek word en ons is trots om hom deel van die span te hê," sê Dotwana.

Dotwana sê Van Straaten kom met 'n goeie track record en sien uit na hom om 'n waardevolle bydrae in sleutelareas van die spel te lewer.

Intussen het onderhoude vir die posisie van hoofarfrigter begin.

"In dié stadium kan ons nie verklap wie die kandidate op die lys is nie omdat van hulle elders gekontrakteer is. Ons is egter bly oor die kaliber van interviewees wat gekortlys is.

"Daar is geen twyfel dat die suksesvolle kandidaat sal inpas by die rigting wat die franchise wil inslaan."

Dotwana sê 'n aankondiging oor die hoofafrigter sal einde Julie gemaak word. - OFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters