12 dae gelede
Van Kaapstad tot Kaïro
PROEWE: Luke Boer, Jamie-Lee Javan, Marcello September en Cassidy Williams, asook Shukry Sedan en Maxine Willems het uitgeblink in Durban.  ~ FOTO VERSKAF

VAN die Kaap se voorste karateka gaan in Desember hul staal in Egipte toon nadat hulle onlangs in Durban uitgeblink het.

Ses Kaapse jong mense wat almal deur shihan Mario Boer van MB Shito-Ryu Karate SA afgerig en gementor word, het laas naweek aan die Karate Suid-Afrika-proewe in Durban deelgeneem.

Vier van die sestal gaan nou hul tasse pak vir Noord-Afrika. Ironies genoeg is die duo wat nie gekies is nie, albei nasionale kampioene.

Die doel van die kamp was om ’n span te kies wat aan die kampioenskapsbyeenkoms van die United Fe­dera­tion of African Karate (UFAK) moet gaan deelneem.

Die toernooi vind van 3 tot 5 Desember in Kaïro, Egipte, plaas.

Al ses lede wat deelneem, is die beste in hul onderskeie kategorieë.

Net vier lede was suksesvol om vir dié geleentheid te kwalifiseer.

Maxine Willemse is gekies vir kata. Shukry Sedan­ blink uit in die kumite-item (o. 60 kg) en so ook Cassidy Williams (o. 50 kg). Marcello September is op sy beurt gekies vir kumite o. 61 kg.

Boer sê hy is baie trots op sy studente. “Hulle maak my almal trots. Dis altyd lekker om sulke resultate te sien, want ek weet hoe hardwerkend en doelgerig hulle almal is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters