8 dae gelede
UWK tem Tiere
STORMLOOP: Jacques van Zyl van UWK word afgestamp deur Raeez Salie van Tygerberg.Foto: Jonathan LesTRADE  ~ 

UWK het uiteindelik die Tiere se tande getrek.

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het Saterdag met ’n ongelooflike terugvegpoging gekom om die Superliga A- kragmeting met Tygerberg met 26-24 in Bellville te wen.

Ongelooflike

Chester Williams en Bolla Conradie (afrigters) se span was met die rustyd met 24-7 agter en dinge het nie goed gelyk nie.

Die tuisspan het egter ongelooflike karakter en veggees getoon om uiteindelik as oorwinnaar uit die stryd te tree.

Conradie, ’n gewese Springbok-skrumskakel, was agterna duidelik in sy noppies met sy span se vertoning.

Hy sê: “Ja, dit was ’n baie goeie perform­ance vandag. Dis beslis ’n great gevoel om uiteindelik vir UWK te klop.

“Dis die eerste keer in ’n lang tyd dat ons hulle ore aansit.”

Williams, wat in sy speeldae as vleuel vir die Bokke uitgedraf het, sê hulle moes rustyd hard met die manne praat.

“In die eerste helfte was ons game management nie goed nie. Ons het te veel probeer hardloop van ons doellyn af.

“Ons het dit reggestel en die game gewen.

“Dit beteken baie vir die span se selfvertroue, want ons het nie verwag om te wen nie,” sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters