Verlede maand
Uurglas loop leeg
Vladi­slav Heric  ~ Backpagepix

CAPE Town Spurs se besluitnemers is teen dié tyd al deeglik bewus dat hulle ’n groot blaps begaan het deur Vladi­slav Heric aan te stel om die klub in ’n nuwe era in te lei.

Heric jag steeds sy eerste sege in Spurs se debuutseisoen in die Eerste Liga ná ’n gelykop uitslag van 1-1 teen Free State Stars.

Heric kan seker wees die Efstathiou-eienaars van Spurs is ook reeds besig om planne te maak om hom te vervang.

Dit is omdat die segelose Spurs in die laaste posisie geanker is met drie punte ná ses wedstryde.

Dis nou ná drie nederlae en drie draws – beslis nie wat Ari Efstathiou in gedagte gehad het nie.

Die Serwiër maak reeds verskonings deur te sê sy span het ’n tekort aan spelers weens beserings.

“In ons laaste wedstryd, byvoorbeeld, het ons ses spelers van die ontwikkelingspan vir ons verdediging gehad,” verduidelik Heric.

“Maar die gees in die kamp is goed en ons sal binnekort begin om positiewe uitslae te kry.”

Gedeel

Intussen het Spurs se mede-Kaapse NFD-spanne almal minstens een punt ingesamel.

Lesvin Stoffels het Steenberg United een punt besorg in ’n gelykop stryd met 2-2 teen Real Kings.

Cape Umoya en Jomo Cosmos het die louere gedeel met ’n 1-1 gelykop uitslag.

Cape Town All Stars het voor gevat en Polokwane met 2-0 geklop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters