13 dae gelede
United, Reds twee keer slaags
Respek: Liverpool se Jürgen Klopp (links) en Man United se Ole Gunnar Solskjær skud blad.  ~ Getty Images

LIVERPOOL en Manchester gaan mekaar nou twee keer in een week pak.

Maandagaand is onthul dat dié twee aartsvyande in die Engelse Premierliga mekaar in die volgende ronde van die FA Cup-kompetisie gaan pak.

United reis ook die naweek na Anfield om Liverpool in ’n ligawedstryd aan te durf. Hulle kom dan sewe dae later op Old Trafford in die FA Cup weer teen mekaar te staan.

Voor gisteraand se wedstryd teen Burnley was United nog op 33 punte ná 16 wedstryde. ’n Sege oor Burnley sou hom die nuwe voorloper maak.

Liverpool het ook 33 punte, maar sy doeleverskil is beter as United s’n, wat hom die eerste plek op die puntelys besorg.

Dis die eerste keer sedert 2012 dat dié twee kampioen­spanne van Engeland in dié pre­stigeryke beker-kompetisie swaarde kruis.

Liverpool het in 2006 laas die FA Cup gewen.

Dis een titel waarop Jürgen Klopp (manager) nog nie sy hande kon kry nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters