Verlede maand
United onder druk sonder top-verdedigers
Gevaarman: Jamie Vardy van Leicester City hou groot gevaar vir Manchester United in.  ~ _GETTY IMAGES

DAAR is reeds groot druk op Manchester United se bestuurder, Ole Gunnar Solskjær, maar dinge kan ná die naweek nog erger word.

Die Red Devils besoek Leicester City se King Power Stadium, maar sal straks sonder hul twee vernaamste verdedigers moet klaarkom.

Harry Maguire, kaptein van die span van Old Trafford, asook Raphaël Varane, sukkel albei met beserings. Sonder dié spelers gaan die besoekers beslis groot probleme optel, veral as die Foxes se Jamie Vardy die dag op sy beste is.

Ná United se skitterende begin tot die seisoen, het dinge skielik begin skeefloop. ’n Nederlaag in die Carabao Cup teen West Ham United, asook slae teen Switserland se Young Boys in die Champions League en Aston Villa in die Premier­liga, het skielik vrae laat ontstaan oor Solskjær se bevoegdheid as bestuurder van die spogspan.

Die United-baas se spankeuses en taktiek het ook nie altyd dinge vir hom makliker gemaak nie.

Goeie nuus vir ondersteuners van die Red Devils is dat die Engelse ster Marcus Rashford weer beskikbaar is.

Lol

Met Cristiano Ronaldo, wat net nie kan ophou om doele aan te teken nie, en Jadon Sancho, Edinson Cavani, Mason Greenwood, Bruno Fernandes en An­thony Martial almal beskikbaar, is daar genoeg slaankrag voorlangs.

Dis egter in die verdediginglinie waar dinge kan lol.

United sukkel altyd wanneer Maguire nie daar is nie. En met Varane ook uit, sal dit maar broekskeur gaan in die wegwedstryd. United het egter in sy vorige 28 wegwedstryde in die liga nie een keer verloor nie.

Môre 16 Oktober

12:30

Watford t Liverpool

Aston Villa t Wolves

Leicester City t Man Utd

Manchester City t Burnley

Norwich City t Brighton

Southampton t Leeds Utd

17:30

Brentford t Chelsea

Sondag 17 Oktober

14:00

Everton t West Ham Utd

16:30

Newcastle Utd t Spurs

Maandag 18 Oktober

20:00

Arsenal t Crystal Palace

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters