3 maande gelede
Umoya show sy newbies af
hier is hulle: Cape Umoya se 11 nuwe aanwinste is gister in Milnerton bekend gemaak.Foto’s: peter abrahams  ~ 

MET ’n halwe seisoen se ervaring agter die rug én gedugte aanwinste, kan Dominic Isaacs sy Cape Umoya United-span dié seisoen in die Nasionale Eerste Liga-veldtog tot nuwe hoogtes neem.

Die opwinding en geesdrif was gister tasbaar by die Portugese klub in Milnerton. Dis waar Umoya sy 11 nuwe aanwinste vir die media afgeshow het – en sommer hulle nuwe kit ook.

Van hulle sluit in ervare Kaapse spelers soos Gregory Roelf, Tauriq Dien en twee oud-doelwagters van CT City, Gershin Kock en Samora Motloung.

Isaacs sê hy is baie opgewonde oor hulle uitdagings vir die nuwe seisoen.

Beter

“Ek dink ek het goeie waarde tot die span toegevoeg,” sê Isaacs gister.

“Ek was altyd van mening dat sou ons spelers aankoop, hulle beter moet wees as wat ek reeds tot my beskikking het.

“En ek dink ons bestuur het ’n goeie job gedoen om nuttige spelers en spelers van gehalte aan te skaf.

“Ons het ses weke pre-season gehad en ek is baie tevrede met my spelers. Ons het ’n hele paar friendlies gespeel en ek moet sê die spelers het goeie rekenskap van hulleself gegee,” voeg Isaacs by.

Umoya begin Saterdag sy veldtog teen Tshakhuma Tsha Madzivhandila in Limpopo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters