13 dae gelede
UCT vroue werk
CHAMPS: Die UCT Ladies FC vier hul Coke Cup-sege verlede jaar in die Athlone-stadion.  ~ Foto Verskaf

KAMAAL Sait, coach van die UCT Ladies-sokkerspan, slaap nie op sy pos nie.

Die voormalige beroepspeler van Santos en Orlando Pirates is al geruime tyd besig om sy Coke Cup-kampioenspan weer in ritme te kry te midde van die beperkings van die corona-virus-pandemie.

Sait sê: “Kyk, dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat geen amateursokker hervat sal word nie, en daarmee kan ons saamleef, maar jy moet steeds buite die boks dink oor die span en hoe jy jou spelers se litte gaan los hou.

“Jy wil ook nie ál die harde werk wat jy ingesit het, by die venster uitgooi nie.

“Dit is veral belangrik vir die meisies wat nie vir die nasionale spanne gekies word nie.

“Dit is vir my belangrik om hulle physically en technically gereed te kry as daar wel ’n call-up is.

“Ons sessies is meestal in isolation gedoen, wat nie ideaal is vir sokker nie, maar dit is ál manier hoe ons om die huidige Covid-19-situasie kon werk.”

Volgens dié passievolle sokkerbrein beoog hulle om die Universiteit van Kaapstad (UCT) se binnenshuise fasiliteite te benut.

Geskik

Sait sê dis om meer van ’n sokker-vibe vir die spelers te skep.

Hy voeg by: “Dit sal geskik wees vir kleiner groepe omdat die ander fasiliteite op kampus nog onder lockdown is.”

Sait sê hul proaktiwiteit prikkel nou ook die belangstelling van ander klubs oor die metodes van hul oefensessies.

Hy sê: “Ons rek die sessie uit oor ’n week om te voldoen aan die nodige (Covid-19-)protokolle.

“Almal is welkom om toe te pas wat ons doen, want kennis moet gedeel word. Dit baat nie jy deel dit met net sekere spelers nie.”

Noudat die 2019-’20-seisoen verby is, kan Sait nie wag om weer na die groot veld terug te keer nie.

Sien

Hy sê: “Ek hoop om die spelers meer touwys te maak met dinge soos posit­ional play en ’n bietjie general tactics, maar ons sal maar sien wanneer die president sy speech maak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters