2 maande gelede
Tyd vir Cale om te bail
franklin caleFoto: GALLO IMAGES  ~ 

NÁ ’N bekroonde loopbaan van 15 seisoene in die Premierliga het Franklin “Bolo” Cale besluit om amptelik sy sokkerstewels op te hang.

Dat knaende beserings ’n rol in die 36-jarige Kapenaar se besluit gespeel het, is ’n ope geheim.

Dis ’n jammerte, want die boorling van Ocean View het beslis nog ’n seisoen of twee in hom gehad.

Cale sê hy kan nie kla oor hoe die sportsoort hom behandel het nie.

Die woelwater-vleuel het basies ál die silwerware ver­ower wat tydens sy suksesvolle loopbaan in die PSL op die spel was.

Toe Bolo in 2009 na die Brazilians in Tshwane skuif het op soek na groener weivelde, was dit ook die eerste keer dat ’n Kaapse speler vir R5,5 miljoen verkoop is – ’n rekordbedrag op sy tyd.

Cale het die redes vir sy uittrede eksklusief met Son gedeel.

“Ja, obviously, my beserings en politics in die game is waarom ek besluit het om maar te retire,” verduidelik Cale. “Maar die main ding is omdat ek baie gemis het wat my familie betref.

“My kinders word groter en ouer en ek het reeds so baie dinge in hulle lewe gemis. Maar nou fokus ek op hulle en spandeer meer tyd saam met hulle.

“Ek wil my vrou, June, bedank vir haar support. My oorlede ma, Annerine, was ook my rolmodel.

“Aan my borg, Puma, sonder julle was my reis ook nie moontlik nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters