9 dae gelede
Twee derbies lê voor vir Kings
vreemde gevoel: Van die Southern Kings-spelers vier hul enigste sege vroeër dié seisoen.Foto: gallo images  ~ 

HOEWEL daar tans baie onsekerheid is by die South­ern Kings, maak die span hulle gereed om weer te begin oefen.

Dít kom nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) laas week bekend gemaak het dat hy die groen lig gekry het om met voorbereidings te begin vir die hervatting van spel.

Terug

Die Premiersokkerliga (PSL) is ook reeds verlede week die groen lig gewys.

Bobby de Wee, ’n Kings-speler wat tans nie in die Baai is nie, het in die sosiale media verklap dat hy op pad terug is na die Baai om weer te begin oefen.

Die franchise self het egter nog geen bevestiging gegee oor ’n terugkeer na die oefenveld nie.

Daar is reeds berig dat die Suid-Afrikaanse franchises gesê is om gereed te maak om volgende Maandag na die oefenveld terug te keer.

Die Kings sal dan moet gereed maak om hul Pro14-seisoen af te sluit met twee derbies teen die Cheetahs.

Hulle kon net 13 van hul 21 wedstryde speel voordat die corona-virus-pandemie alles in Maart stopgesit het.

Die Kings kon ook net in een van hul wedstryde ’n oorwinning behaal.

Daar word ook nog gewag op Saru om aan te kondig wie tydelike administratiewe beheer by die Kings gaan neem.

Verwagting

Dis nadat Saru die 74%-aandeelhouer, The Greatest Rugby Company in the Whole Wide World, sy beheer oor die Kings ontneem het weens kontraktuele versuim.

Na verwagting sal Monde Tabata, ’n onafhanklike uitvoerende raadslid van Saru, sake vir eers beheer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters