2 maande gelede
Tuchel mik gou na sukses met Blues
chelsea
WELGEDAAN! Chelsea se Thomas Tuchel wens Jorginho geluk nadat sy span deurgedring het na die semi’s van die Champions League.  ~ Getty Images

THOMAS Tuchel, coach van Chelsea, het erken dat hul nederlaag met 0-1 teen Porto in die kwarteindronde­ van die Champions League beslis nie sokker uit die handboek vir die neutrals opgelewer het nie.

Maar die Duitser gee nie juis om nie, aangesien sy Blues genoeg in die eerste been op Stamford Bridge gedoen het om die tie Dinsdag met 2-1 oor twee bene te wen.

Tuchel was ook bewus dat Porto reeds spanne soos Juventus en Manchester City verras het. Dis ook juis waarom die Duitser sy span se gewilligheid geloof het om vir scraps te veg.

Intens

Dít om Chelsea se posisie in die halfeindstryd te verseker.

“Ons aanvaar wat benodig was, was baie moeilik,” verduidelik Tuchel. “Dit was baie moeilik. Dalk was dit nie so mooi vir die fans op TV nie, maar op die kantlyn was dit baie intens en vinnig.

“Dit was vir ’n plesier om hulle te sien veg en om daar te wees om hulle deur te sien,” het Tuchel uitgewys.

Hy en sy Chelsea-span verskuif hul fokus nou na die FA Cup, waar hulle Manchester City in die semi sal pak.

Tuchel is oortuig hulle kan onmiddellik sukses bereik as hulle gefokus bly.

“Chelsea is ’n klub wat ’n kultuur, geskiedenis en struktuur het van titels wen.”

Tempo

Porto se midfielder Sérgio Oliveira beskryf hul nederlaag as frustrerend en treurig.

“Chelsea wou ons kalm hou en die tempo stadig hou aangesien hy reeds twee doele voor was. Ons het te laat ons doel gekry,” het Oliveira laat hoor. – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters