Verlede maand
Tuchel het ’n nuwe rekord met die Blues
THOMAS TUCHELFoto: GETTY IMAGES  ~ 

CHELSEA se manager, Thomas Tuchel, het die klub se geskiedenisboeke herskryf toe hulle West Ham United Saterdag in die London Stadium met 1-0 geklop het.

Die Duitse taktikus het sy span se onoorwonne lopie weg van hul tuisveld tot 10 wedstryde vergroot.

Timo Werner het sy eerste doel sedert Februarie aangeteken om aan die besoekers van Londen die maksimum punte te besorg.

Wat belangriker is, is dat die span van Stamford Bridge in die proses sy aanslag op ’n Cham­pions League-posisie lewend gehou het.

West Ham het in die wedstryd met 10 spelers geëindig nadat Fabián Balbuena ’n rooi kaart gekry het vir ’n gevaarlike tackle op Ben Chilwell.

Voorgangers

Die Hammers bly egter steeds in die vyfde posisie – drie punte agter Chelsea – nadat Jürgen Klopp (manager) se Liverpool-span weer erg drooggemaak het.

Tuchel, wat nog nooit aan die verloorkant was weg van sy tuisveld nie, het bereik wat nie een van sy voorgangers kon nie.

Die voormalige Paris Saint-Germain manager reken sy span was ongelooflik in die eerste helfte.

Tuchel het ook reeds sy visier op Real Madrid ingestel wat hulle môre in die halfeind van die Champions League in die Estadio Alfredo Di Stéfano pak.

“Dis beslis iets spesiaals om Real te pak,” het Tuchel ná hul sege oor West Ham uitgewys.

“Hy is die afgelope 10 jaar die grootste klub in die Champions League.

“Dis ’n goeie gevoel om daar op te daag met vertroue en geloof dat ons ons beste kan gee in sulke wedstryde.” AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters