8 dae gelede
Treu vat UWK se leisels
DURBAN, SOUTH AFRICA - APRIL 21: Paul Treu (Assist
Paul Treu  ~ Gallo Images

PAUL Treu is die nuwe rugbyafrigter van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK). 

Die voormalige Blitsbok vervang Chester Williams wie in September verlede jaar weens ‘n hartaanval gesterf het.

Lionel Langenhoven het vanjaar waargeneem as hoofafrigter van Udubs in die Varsity Cup, maar die manne van Bellville het nie te waffers gevaar nie.

Die 48-jarige boorling van Swellendam het die Blitsbokke tussen 2004 en 2013 afgerig voordat hy Kenia se nasionale sewesspan vir twee jaar gebrei het.

Hy is sedert 2014 aan die Westelike Provinsie verbonde en was ook die Stormers se verdedigingsgafrigter.

"Ek beskou myself as 'n dinamiese vooraanstaande leier met uitgebreide ervaring in professionele sport. Ek ondersoek geleenthede om saam te werk met 'n organisasie met 'n hoë prestasie wat staatmaak op innovasie en kritiese denke, wat op hul beurt die beste praktykmetodes prioritiseer om hul doel te bereik," het Treu gesê.

“As onlangse MSc-graad gegradueerde met ‘n onderskeiding in sportbestuur bied ek 'n verskeidenheid vaardighede aan om aan die toenemende eise van elite-sport te voldoen en entoesiasties die doelstellings van 'n organisasie te ondersteun met 'n onwrikbare soeke na uitnemendheid.”

Treu het tussen 1999 en 2003 in 32 toernooie vir die Blitsbokke gespeel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters