8 maande gelede
Treu opgewonde
UITGESLAPE: Paul Treu se kennis kan die Stormers tot voordeel strek.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

PAUL Treu is opgewonde oor sy nuwe rol by die Stormers.

Sy nuwe taak is gister op ’n nuuskonferensie amptelik bevestig.

In 2015 het Treu hom as verdedigingsafrigter by die Kaapse franchise aangesluit.

Hy het gister aan Son gesê: “Ek is gevra om ’n verdediging-stelsel in werking te stel wat op lynspoed gegrond was.

“Ons wil graag kan verdedig soos ons die seisoen laas jaar teen die Chiefs afgesluit het.

“Dié seisoen gaan ek verantwoordelik wees vir die aanvallende spel in die vaste fasette. Dit sal tot by sowat drie fases van die spel wees.

“Paul Feeney sal verantwoordelik wees vir die ongestruktureerde spel op die verdediging en die aanval.

“Wanneer jy met verdediging betrokke is, is daar ’n stelsel wat jy net hier en daar moet aanpas. Ek sien baie uit na die kreatiewe aspek van gestruktureerde spel en wil graag sien hoe dit Saterdag in die eerste game (teen die Jaguares op Nuweland) gaan werk.”

Treu was die afgelope drie jaar die Stormers se verdedigingsafrigter. Hy dink dit was vir hom baie voordelig, want dit het hom die geleentheid gegee om die aanvallende spel van al die ander spanne in die kompetisie te verstaan.

“Noudat ek albei doen, wil ons graag die spanne se aanvallende spel stop en gebreke in hul verdedigingstelsels uitbuit. Dit is beslis iets wat die Stormers voortaan gaan bevoordeel.”

Treu sê die idee is om nouer met die afrigters saam te werk sodat hy, Feeney en Russell Winter, die voorspeler-afrigter, as ’n eenheid kan saamwerk.

“Ons wil graag alles byeen bring,” het hy bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters