Verlede maand
Top-9 begin kook
storm: Brendon Julies van Noordelikes wil CPUT se Anenceba Salman keer.Foto’s: Peter Abrahams  ~ 

SAKE in die Top-9 Promotion raak nou warm met net twee onoorwonne spanne oor – CPUT en Albions.

Al het CPUT Saterdag met 31-31 gelykop gespeel teen Noordelikes, is hy steeds bo aan die punteleer. Hy het een punt meer as Albions.

Violets het die nuweling Blakes behoorlik verwelkom in die big league met ’n loesing van 55-15. Die manne van Chukker Road het dinge van die afskop beheer en het Blakes goed getem.

Dringend

Die Stellenbossers is bekend vir hulle flambojante playing style, maar het nie hierdie keer die situasie uitgebuit nie.

Noordelikes moes dringend ’n goeie uitslag kry.

Die drie punte wat hulle gekry het, is iets om op trots te wees.

Evan Geduld (afrigter) meen die sege was die eerste prys en hy is gelukkig met hoe dinge vir hulle afgeloop het.

Noordelikes het in die Southern League­ vir CPUT ore aangesit, maar hierdie keer was Ricky Petersen se manne lus vir die chal­lenge.

“Ons kon beter gespeel het, maar ek is baie gelukkig met die uitslag,” het Geduld aan Son verduidelik.

“Ek het baie respek vir coach Ricky Petersen en dit is goed om te sien hoe wonderlik CPUT vaar.

“Hulle is die Varsity Shield champion en ons leer baie by hoe hulle dinge doen – op en van die veld af.”

Geduld weet hulle moet die momentum behou om ’n finale top-twee-posisie te verseker.

Die oorblywende wedstryde raak al hoe belangriker en elke log-punt is kritiek.

“Dinge raak al hoe tighter en ons moet net eenvoudig aanhou met ons goeie performances. Dié week moet ons aan ons decision-making op attack werk.”

Opslae

Albions se oorwinning oor Masi, 28-20, maak dit nou drie seges in drie wedstryde.

Die Paarliete maak opslae en spanne sal hoop hulle kry hulle op hulle af dag, as daar ooit so iets is.

Peninsula het Hamediehs met 36-33 geklop om sy eerste oorwinning in die Top-9 te secure. Rivas is in die vyfde plek, maar het die naweek ’n bye gehad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters