5 dae gelede
Tonga help Rose opwarm vir Bokke
eddie jones Foto: getty images  ~ 

EDDIE Jones (coach) glo Tonga gaan sy Engelse rugbyspan ’n lekker fisieke oefensessie gee wanneer dié lande mekaar later vanjaar in ’n toets pak.

Die toets in November sal die Rose se eerste teen inkomende spanne uit die Suidelike Halfrond wees.

Engeland se laaste ontmoeting met Tonga was in 2019 se Wêreldbekertoernooi. Jones­ se span het daai dag met 35-3 gewen.

Jones sê: “Dié wedstryd gaan ons rivalry sedert die Wêreldbeker voortsit, waar ons ’n goeie, harde wedstryd teen hulle gehad het.

“Dit gaan die perfekte manier wees waarop ons ons internasionale seisoen in die herfs kan begin.”

Tonga sal hopelik dié keer betyds sy beste spelers beskikbaar kan kry. Die land moes die All Blacks vroeër vandeesmaand met ’n verswakte span in ’n toets pak en is in Auckland met 102-0 verneder.

Tonga het boonop daarna ook albei kwalifiseringswedstryde teen Samoa vir ’n plek in 2023 se WB verloor.

Donasie

Engeland sal Tonga op 6 November pak. Die Rose kom dan op 13 November teen Australië se Wallabies te staan. Dan volg die groot herontmoeting met Suid-Afrika op 20 November.

Die Springbokke het natuurlik die Rose in die eindstryd van 2019 se Wêreldbekertoernooi geklop.

Intussen het die RFU (beheerliggaam vir Engelse rugby) besluit om ’n geldelike donasie aan Tonga Rugby te maak. Dié geld sal – in samewerking met Wêreldrugby – gebruik word om afrigting en ander hulpbronne te verskaf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters