6 dae gelede
Toffees steier ná seksklag teen speler
Eish: Rafa Benítez se tyd as Everton-sokkerbaas ervaar klaar teëspoed.  ~ Getty Images

RAFA Benítez het nog nie eens ordentlik met sy nuwe job as manager van Everton begin nie en hy trotseer klaar sy eerste storm.

Een van Benítez se spelers is gister tydelik geskors, berig Reuters.

Die Toffees se grootbase het ook in ’n verklaring gesê dat hulle enige ondersoek sal steun met betrekking tot die ongenoemde speler se oortreding.

Luidens The Sun is is klagte van ’n seksuele aard teen dié getroude speler aanhangig gemaak. Hy het na bewering met minder­jariges die daad gedoen.

Everton se verklaring lees: “Everton kan bevestig ’n speler is tydelik geskors hangende ’n polisieondersoek.”

Luidens The Sun se ongenoemde bronne het die nuus skokgolwe deur die klub gestuur.

Die oortreding word as baie ernstig beskou, met die Greater Manchester Police se taakspan vir ernstige misdaad wat dit ondersoek.

Vrygelaat

Die Everton-speler is Vrydag gearresteer op aanklagte van seks met minderjariges. Hy is op borgtog vrygelaat.

Die Toffees is veronderstel om vir voorseisoense wedstryde na Amerika te vlieg. Everton gaan van 26 Julie aan die Florida Cup-toernooi deelneem. Die eerste wedstryd is teen Millonarios en sal ook Benítez se eerste in beheer wees.

Everton-ondersteuners is egter nie happy oor Benítez se aanstelling nie, want hy het voorheen die Toffees se aartsvyand, Liverpool, bestuur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters