3 maande gelede
Titel wink vir SWD
Konsentrasie: Nicolene Barendse, regtervleuel van SWD, probeer ’n klompie Griekwa-spelers klop om balbesit.  ~ 

ALLES dui daai daarop dat die Suidwestelike Distrikte (SWD) se vrouerugbyspan en Vrystaat sake om die titel in die nasionale B-afdeling sal uitspook.

Die SWD het hulle wedstryd op Vrouedag teen die Griekwas gebruik om hulle stempel af te druk.

Hulle het die besoekers van Kimberley op Outeniquapark in George met 57-0 afgeransel.

Gestuit

Aschin Klein (breier) se span het nege drieë gedruk. Die nr. 8, Elize Arendse, het twee keer afgerond.

Die besoekers is geen genade betoon nie en het hulle telkens in rotsvaste tackles vasgeloop.

Klein het ná die wegholsege gesê: “Ek wil nie te gou praat nie, maar ja, ons benodig nou net ’n oorwinning oor die Vrystaat. Gelukkig is dié wedstryd ook tuis.

“Ek is baie tevrede. Daar lê nou harde werk voor, want ons het ’n kans om die titel te wen.”

In dié stadium lyk dit na die SWD en die Lions in die eindstryd.

Dis omdat die Lions met 10 punte ná twee wedstryde die voorlopers in die Noordelike afdeling is.

Die SWD is ook met 10 punte bobaas in die Suidelike afdeling. Die laaste ronde van wedstryde word op 31 Augustus gespeel.

  • Puntemakers: Drieë – Olwethu Myeki, Elize Arendse (2), Siphenathi Yeko, Faith Gosling, Micaela Andrews, Nicolene Barendse, Patricia Korkey, Antoneca Hannies­; doelskoppe – Yeko (4), Hannies (2).
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters