Verlede maand
Tinkler lugtig oor newbie se impak
ERIC TINKLER  ~ _BACKPAGEPIX

ERIC Tinkler, die uitgeslape coach van Cape Town City FC, sê hy is lugtig vir Se­khukhune United, die Premierliga-nuweling.

Dié spanne kom Sondag in die Makhulong Stadium teen mekaar te staan.

Coach MacDonald Makhubedu se span het tot dusver gewys dat hy glad nie oorweldig is in sy eerste seisoen in die PSL se top-flight nie.

Die span van Kempton Park is ná ses wedstryde ook drie posisies beter op die punteleer geplaas as die Citizens.

Sekhukhune het agt punte en is in die sewende plek, terwyl City 10de is met ses punte.

Tinkler het ál sy spelers beskikbaar ná die internasionale break en meen hy is slaggereed vir Sekhukhune se aanslag. Die Kaapse span is ook besig om voor te berei vir die MTN8-eindstryd teen Mamelodi Sundowns en Tinkler sal geen kanse wil waag met spelers wat nie 100% reg is nie.

Dit is egter Makhubedu-hulle se positiewe benadering en uitslae dié seisoen wat Tinkler so ’n bietjie ongemaklik laat voel voor dié wedstryd.

Die Citizens sukkel om in die liga rigting te kry en Tinkler verwag dat Sekhukhune met groot vertroue en geesdrif op die veld gaan draf.

“Ons sal gereed moet wees vir dié aanslag. Ons sal egter baie hard moet werk in attack en defence.

“Hulle speel direkte sokker en hou daarvan om agter jou verdediging in te kom. Hulle hou daarvan om crosses in die doelgebied te speel. Dit gaan tough wees en ons sal op ons hoede moet wees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters