9 dae gelede
‘Terugkyk help mens verstaan’
VIRAT KOHLIFoto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE Indiese krieketsuperster Virat Kohli het onthul hy het vroeër in sy loopbaan met depressie gesukkel.

Volgens Kohli (32) het ’n gesprek met Sachin Tendulkar (47) oor geestesgesondheid hom anders help dink.

Kohli sê Tendulkar het hom aangeraai om nie teen die negatiewe gevoelens te veg nie en dit het vir hom goed gewerk.

Verbygaan

“Ek het met hom gesels oor die geestelike kant van sake. Hy het gesê wat hy in krieket ervaar het, is wanneer jy ’n sterk negatiewe gevoel het en dit kom gereeld in jou gemoed, is dit die beste om dit te laat verbygaan. As jy teenstand bied, word dit net sterker.

“Dit is die raad wat ek ter harte geneem het en van toe af het my denkwyse regtig verbreed,” het Kohli op die podcast Not Just Cricket aan die kommentator Mark Nicholas gesê.

Kohli het ook verwys na Indië se Engelse toer in 2014.

Hieroor het hy gesê: “Ek het (depressief gevoel). Dit is nie ’n wonderlike gevoel wanneer jy wakker word en weet jy sal geen lopies kan aanteken nie.

“Ek dink alle kolwers voel in die een of ander stadium hulle is glad nie in beheer van enige iets nie. En jy verstaan ??nie hoe jy dit moet aampak nie.

“Wanneer ’n mens terugkyk op ’n baie moeilike fase, besef jy jy moes dit deurmaak om te kan verstaan wat verkeerd is, dit reg te stel, vorentoe te gaan en jouself oop te stel vir verandering.

“Dit was ’n fase waarin ek letterlik niks kon doen om dit te keer wat ek deurgemaak het nie. Dit het gevoel asof ek die eensaamste man in die wêreld is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters