Verlede jaar
Terugblik op track rugby
RIVALRY VERBY: Ná die eindfluitjie stap Clive Allen (links, Silvertree) en Chris Nickels (Collegians) as vriende van die veld op die Green Point Track.  ~ Foto Verskaf

OM SONDAE in ’n klubrugby game op die Green Point Track te speel of jou span te gaan support, was die hoogtepunt van die week.

Son het met Armien Brink, president van die Collegians-rugbyklub, gesels oor die destydse Sondagliga van die Westelike Provinsie Rugbyunie in die Saru-era.

Daaroor het Brink gesê: “Dis iets wat deesdae verlore is in ons rugby. Ek dink dis iets wat ons broodnodig het in ons gemeenskappe, want toe ons destyds op die Green Point Track gespeel het, was Sondae die highlight vir die spelers en supporters.

Saak
GOEIE OU DAE: Collegians (strepe) en Caledonian Roses pak mekaar op die Track.

“Families het in hul hordes saamgekom om hul spanne te ondersteun. Op die veld was dit oorlog. Van die veld af was almal weer vriende en familie, want dit het alles te doen gehad daarmee om die gemeenskap op te bou. Almal het altyd uitgesien na daai game op ’n Sondag.

“Dit het nie eintlik saak gemaak of jy in die vroeë of laat game speel nie. Die hoofwedstryd, wat 16:00 op die A-veld gespeel was, was egter maar altyd die highlight.”

Brink glo met eenwording was die idee dat die klubs moes voortgaan om Sondae op die Track te speel. ’n Baie sterk span kon dan uit daardie spanne gekies word om Saterdae aan WP Rugby se klubkompetisie deel te neem.

Brink sê: “As ons dit so gehou het, sou ons baie meer talent ontgin het. Ons kon byvoorbeeld twee of drie baie sterk o. 20-spanne vir ’n Saterdag saamgestel het. As ons daardie konsep behou het, sou ons altyd champions gewees het. Al die klubs sou voordeel daaruit getrek het, veral as dit kom by borgskappe, ensovoorts.”

Hy sê dis wat die Tygerberg Rugbyunie gedoen het: “Hulle het net een span gevorm, want die mense in gebiede soos Ravensmead en Uitsig en skole soos Florida en Uitsig het daarin belê.”

TOEKOMSTIGE TALENT: Collegians se juniorspelers is die ene uitgelatenheid ná ’n wedstryd teen die Hoërskool Kampsbaai in 2017.

Brink meen die ideaal sou gewees het om dieselfde roete met die WP op die Track te volg, maar hy glo dit sal ongelukkig nie nou meer werk nie.

Hy sê: “Ek sal baie graag wil hê dit moet gebeur, maar ek glo nie dit sal realisties wees nie. Die spel het te veel evolve, veral met professionalisme in klubrugby: Die spelers wil nou betaal word.

“Al hoe ons nog op daardie tradisie kan voortbou, is met ’n rugbydag waarop sekere spanne met tradisionele rivalries in festival games speel.

Gestig

“Jy kies ’n ou byvoorbeeld die hele seisoen nie, en dis orrait, maar as hy vir dáái game nie gekies word nie, is hy smoorkwaad. Dis hoe baie daardie soort games vir die spelers beteken het.”

Brink vertel Silvertree is in die Dry Docks gestig. Collegians het daarna in 1975 in Distrik Ses ontstaan uit ’n merger van Silvertree en Rosendales.

In 1976 is die inwoners weens die Groepsgebiedewet onder apartheid uit Distrik Ses gedring. Baie van hulle het in Lentegeur in Mitchells Plain geëindig. Daar het Collegians en Silvertree toe weer aparte klubs in Lentegeur geword.

Brink vertel: “Ons almal het van een area gekom. Die helfte van die familie en neighbours in Lentegeur het byvoorbeeld in een straat, Agapanthusstraat, gewoon.

“Die helfte van die straat het vir Collegians gespeel en die ander helfte het vir Silvertree uitgedraf. So, jy kan dus imagine wanneer jy op ’n Sondag na die Green Point Track toe gaan en jy moet teen jou buurman of ’n familielid speel.

LEIERS: Armien Brink sit in die middel voor.FOTO’S VERSKAF

Staatmakers

“Redewaan Jappie het byvoorbeeld teen sy broer Magedien gespeel. Die beauty van die hele ding is dat Silvertree se destydse sterre ook later vir Collegians gespeel het.

“Die Allen-boers, Clive, Raoul en Riedoh, wat staatmakers van Silvertree was, het almal later vir Collegians gespeel. Hul sterre se seuns, soos die Kleinsmiths, Stellenbooms, Baradiens en Faried “Pyp” Daniels, het ook agterna vir Collegians uitgedraf. Die rivalry was maar al die jare daar. Dis vandag nog dieselfde.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters