12 dae gelede
Tau gretig om in EPL uit te draf
Percy Tau  ~ Getty Images

BAFANA Bafana se Percy Tau sê hy is gretig om Brighton Hove & Albion in die Premierliga te verteenwoordig.

Die Seagulls, soos Brighton genoem word, het die 26-jarige winger Tau dié seisoen weer uitgeleen – hierdie keer aan Anderlecht in België.

Dis die derde seisoen agtereenvolgens dat Brighton die Suid-Afrikaner uitleen.

Tau is die vorige twee seisoene ook aan Belgiese klubs uitgeleen – Royale Union Saint-Gilloise en Club Brugge.

Die voormalige Mamelodi Sundowns-speler het geskitter en die Proximus Player of the Season award met Royal Union gewen.

Hy het dié prestasie laas seisoen opgevolg deur die Jupiler Pro League-titel saam met Brugge te wen.

Trots

Tau is nou gretig is om in die nabye toekoms vir sy moederklub, Brighton, in die Engelse Premierliga uit te draf.

“Ek sal baie trots wees as ek in die Premierliga kan speel,” het Tau op Brighton se webtuiste gesê.

“Mense van my land kyk altyd uit na spelers wat in topligas regoor die wêreld speel.

“Ons skep hoop vir die volgende generasie van Suid-Afrika.

“Dit gee hulle iets om na te mik.

“Dit sal ’n baie trotse oomblik wees as ek een van daai spelers kan wees.

“Ek is ook net baie dankbaar dat Brighton my dienste vanuit Suid-Afrika bekom het.

“Ek is ook dankbaar vir die geleentheid om my sokker in Europa te kan speel,” het Tau afgesluit. – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters