13 dae gelede
Swifts se feesvieringe op ys
ONTHOU: Die Swifts-span van 1982 was besaai met talent.  ~ Foto Verskaf

DIE positiewe rol wat die amateurklub Sea Point Swifts in talle legendariese sokkerspelers se lewe gespeel het, is priceless.

Swifts het ongetwyfeld die platform geskep vir ysters soos Dicky Benjamin, William Anderson, Western Petersen en talle ander om gescout te word en hul vernuf op ’n beroepsvlak in die land voort te sit.

Die klub is nie net een van die oudste klubs in sokkerkringe nie; dis ook een wat die tests of time kon weerstaan.

Dis 100 jaar later en die klub staan nog sterk, en die herinneringe is ewe sterk in die geheue.

Pyplyn

Son is ingelig dat die klub, wat weens die Group Areas Act na Bonteheuwel moes skuif, hul centenary celebrations na volgende jaar verskuif het.

Daar was ongelooflike opwindende dinge in die pyplyn vir vanjaar se do, wat ’n gholfdag en ander inisiatiewe insluit. Maar weens die corona-virus-pandemie is alles op die oomblik nog op ys.

Dis duidelik dat Swifts se komitee beslis nie ’n afgewaterde affêre wil hê om sy 100ste verjaarsdag te vier nie. Dis mos nie hoe dit destyds gedoen is nie, so waarom nou? Dis ook nie wat ’n klub met sulke groot prestige verdien nie, of hoe?

Watch this space vir nog inligting.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters