13 dae gelede
SWD-T20 tel nou op
Levin MullerFOTO VERSKAF  ~ 

SEWE van die ag spanne het reeds na die kwarteindronde van die Suidwestelike Distrikte se T20-toernooi deurgedring.

Die spanne wat reeds vir die uitspeelwedstryde op 18 Oktober gekwalifiseer het, is NMU (groep A), Ramblers (groep B), Pioneers, (groep D), George (groep E), Riversdal (groep F), Harlequins Forces (groep G) en Sussex (groep H).

Groep C se spanne spook Saterdag sake uit.

Harlequins het sy laaste wedstryd teen Bongolethu met sewe paaltjies verloor.

Harlequins is almal vir 83 lopies uitgehaal. Daar was tonele van hartseer toe Javier Philander se honderdtal (4x6, 14x4) van 70 balle nie genoeg was om Western Hope­ ook vir die Top-8 te laat kwalifiseer nie.

Gemoker

Net voor dit het Western Hope sy wedstryd teen Calitzdorp Young Stars met 46 lopies gewen.

  • In die enigste Premier­liga-wedstryd het NMU, die kampioen, Ramblers in ’n eendagwedstryd met vyf paaltjies geklop.

Levin Muller het ’n onoorwonne beurt van 84 lopies vir NMU gemoker.

Ramblers is binne 43,3 boulbeurte almal vir 170 lopies uitgehaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters