Verlede jaar
SWD kry talle versterkings
oud-griffon: Boela Abrahams is een van SWD se aanwinste. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE rugbyspan van die SWD-Arende het verskeie spog-aanwinste vir die 2017-seisoen bekom.

Die afrigter, Abé Davids, sê etlike van verlede jaar se spelers is van hul kontrakte vrygestel en vervang met spelers wat die span kan versterk.

Onder die aanwinste tel die Griffon-skrumskakel Boela Abrahams, die oud-Bul- en King-slot Cornell Hess, die Cheetah-voorryman Caylib Oosthuizen en die King-losvoorspeler Andisa Ntsila.

Brendon Snyman, ’n staatmaker-slot van Griekwas, trek ook vanjaar die SWD-trui oor sy kop.

Davids het ook die dienste van twee Luiperd-spelers bekom. Hulle is die haker ­Jacques Vermaak en die losskakel Johnny Welthagen.

Ander toevoegings is Justin Bhana en Shadward Fillies, wat verlede jaar vir die Arende se o. 21-span uitgeblink het.

Spelers wie se kontrakte nie hernu is nie, is Riaan Arends, Bryanston Booysen, Mzoxolo Dyantyi, ­Dean Hopp, Lyndon Hartnick, Jacquin Jansen, Tom Kean, Grant le Roux, Lenesteyo Nomdo, Buran Parks, Daniel Roberts, Pieter Stemmet en Clinton Wagman.

Layle Delo en Gideon Muller het weens werkverpligtinge uitgetree.

Die vuurvreter-haker Mark Pretorius het hom by die Pumas aangesluit, terwyl die losskakel Hansie Graaff sy heil in Spanje gaan soek het.

SWD se groep vir 2017 is:

Boela Abrahams, Justin Bhana, Juandré ­Digue, Christo du Plessis, Martin du Toit, Leighton Eksteen, Wilneth Engelbrecht, Shadward Fillies, Thor Halvorsen, Cornell Hess, Kurt Haupt, Kirsten Heyns, Quaid Langeveld, Theunis Nieuwoudt, Andisa Ntsila, Caylib Oosthuizen, Charles Radebe, Devon Raubenheimer, Nemo Roelofse, Basil Short, Dillon Snell, Brendon Snyman, Janneman Stander, Johan Steyn, Peet van der Walt, Jacques Vermaak, PJ van Zyl, Luzuko Vulindlu, Lodewys Uys, Johnny Welthagen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters